“Wat het Wimbledon, geel tennisballe en David Attenborough in gemeen?”

Deur on

9 Julie 2024

Die bekende Britse natuurwetenskaplike, en aanbieder David Attenborough (98) se bywoning van ‘n tenniswedstryd by die Wimbledon-toernooi het verskeie mense weer herhinner aan sy aandeel in die geel tennisbal.

Attenborough het in 1967 as kontroleerder vir die Britse uitsaaier, die BBC 2 gewerk, toe kleurtelevisies vir die eerste keer op die winkelrakke verskyn het. Dit was een van sy pligte om gekleurde beeld aan kykers bekend te stel.

Tot en met daardie stadium was tennisballe nie net wit en swart op TV nie, maar in werklikheid ook.

Volgens die All England Club het regisseurs na maniere gesoek om mense se televisie kyk-ervaring meer interessant te maak. Dit was glo die bekende Planet Earth-aanbieder se idee om die kleur van die bal te verander omdat dit nie op die wit lyne van die baan gesien kon word nie.

Die Internasionale Tennis Federasie het na deeglike navorsing die geel tennisbal in 1972 bekend gestel omdat kykers die bal makliker sou kon sien op televisie.

Geel tennisballe is egter die eerste keer in 1986 by Wimbledon gebruik.


Current track

Title

Artist