Wantroue-mosie: Chaos breek tussen Ekurhuleni-raadslede uit

Deur on

1 Maart 2024

‘n Bakleiery het tussen raadslede van die EFF en die ANC uitgebreek tydens die debat oor ‘n wantroue-mosie in die Ekurhuleni se burgemeester, Sivuyile Ngodwana en sy komitee.

Die hulp van die metropolisie is ingeroep om EFF-raadslede uit die vergadering te verwyder nadat die beskermingsdienste nie daarin kon slaag om orde te handhaaf toe waterbottels en papiere die raadsaal vol gegooi is nie.

EFF-raadslede het op die speaker, Nthabiseng Tshivhenga – wat ook ‘n EFF-lid is – afgestorm toe sy voorkeur gegee het aan ‘n ANC-spreker bo ‘n EFF-raadslid.

Die burgemeesterkomiteelid belas met finansies, die EFF se Nkululeku Dunga het ook onder skoot gekom aangesien die finansies van die metroraad die afgelope tyd onder sy beheer noemenswaardig agteruit gegaan het.

Die sitting is verdaag en die mosie sal nou by ‘n ander aangeleentheid aangehoor word.


Lees verder

Current track

Title

Artist