Vuurwapen-saak teen Julius Malema tot volgende maand uitgestel

Deur on

1 November 2024

Die saak waarin die leier van die EFF, Julius Malema, daarvan beskuldig word dat hy ’n vuurwapen onwettig gedurende EFF-partyfeesvieringe afgevuur het, is tot Desember uitgestel.

Volgens die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Luxolo Tyali, is die saak vandag uitgestel, omdat landdros Twanet Olivier ongesteld is.

Die staat en verdediging sou vandag hulle slotbetoë lewer.

Die saak teen Malema en sy medebeskuldigde en lyfwag Adriaan Snyman, hou verband met ’n voorval in 2018 in Mdantsane waartydens die EFF sy vyfde bestaansjaar gevier het. 

Malema het in sy getuienis volgehou hy het ’n speelgoedvuurwapen op die geleentheid afgevuur en dit aan die hof gewys.


Current track

Title

Artist