Vullisterreinoudit: “Munisipale verval is ooglopend”

Deur on

20 Julie 2021

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag bekendgestel nadat vullisterreine in dorpe en stede – waar AfriForum se takke geleë is – vroeër vanjaar geoudit is.

Volgens die bestuurder van omgewingsake by AfriForum, Lambert de Klerk gaan dié verslag met die minister van omgewingsake, Barbara Creecy en gaan dit ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek.

De Klerk sê slegs 27 van 153 (17%) van dié terreine voldoen aan die minimum vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur rakende vullis. 

Kragtens dié wetgewing moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. Hy sê ‘n lys met 33 vrae is saamgestel met hierdie minimum standaarde as riglyn en dié vrae is gebruik om die vullisterreinoudit te doen.  

In Gauteng is 17 vullisterreine geoudit, waarvan nege aan die minimum vereistes voldoen het. Die ander agt voldoen nié.

Data: AfriForum.

“Die swak persentasie kan toegeskryf word aan verskeie probleme wat by munisipaliteite ondervind word wat lei tot die swak en onwettige bestuur van ons vullisterreine. Wanbesteding van fondse, swak instandhouding en ’n gebrek aan bekwame personeel is maar ’n paar van die probleme wat ons daagliks ondervind,” meen De Klerk.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist