Vrystaatse veespekulant tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis ná moord op boer

Deur on

19 April 2024

Die 39-jarige veespekulant van Ficksburg in die Vrystaat, Rudi Gericke is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis na die moord op Evan Sorour (28).

Evan Sorour.

Hy is ook tot ‘n verdere twee jaar gevonnis nadat hy Sorour se pa, Reuter aangerand het. Die vonnisse sal gelyklopend – dus 12 jaar – uitgedien word.

LEES OOK: VRYSTAATSE VEESPEKULANT VRYDAG GEVONNIS NÁ MOORD OP 28-JARIGE BOER

Regter Suzanne Boonzaaier het in haar uitspraak gesê dat sy met dié vonnis die impak op die Ficksburg-gemeenskap en die Sorour-gesin in ag geneem het.

Sy het ook melding gemaak van Gericke se swak gesondheid, en die feit dat hy die broodwinner vir sy gesin is. Dit nadat sy regsverteenwoordiger advokaat Willem Edeling aangevoer het dat sy kliënt nie gesond is nie en dat hy baie pyn ervaar nadat hy twee keer op die dag van die voorval geskiet is.


Current track

Title

Artist