Vrou se ongelukkigheid met 1ste verjaarsdagkoek lok wyd reaksie uit

Deur on

21 November 2023

‘n Amerikaanse vrou was uiters teleurgesteld toe sy $200 of sowat R3 680 betaal het vir ‘n drie-laag feetjiekoek vir haar kleindogter, Eve se eerste verjaarsdagpartytjie, wat glád nie soos die verwysingsfoto gelyk het nie.

Khrissy Joe het haar misnoeë in ‘n TikTok-video laat hoor wat reeds meer as 5-miljoen keer gekyk is.

Joe het in die video ondermeer gesê dat dit die lelikste koek is wat sy al in haar lewe gesien het. Die koek wat sy wou gehad het, het gelyk soos ‘n boomstomp met ‘n klein feetjiehuis daarop, asook met verskeie blomme.

Die koek wat sy gekry het, het egter glad nie soos die prentjie gelyk nie, en het gelyk asof dit uitmekaar gaan val. “Behalwe die feit dat die koek lelik is, was daar ook ‘n haar in die versiersuiker.”

Talle sosiale media-gebruikers het Joe se ongelukkigheid ondersteun, terwyl ander aangevoer het dat die tipe koek wat sy wou hê nooit $200 sou kos nie, maar nader aan $1500.

@khrissyjoe1

#firstbirthday #fairycake #cake #cakedecorating #cakedesign #cakehorror #cakehorrorstory #foryoupage my granddaughter first birthday cake was a disaster. I was so upset so let down. this cake was supposed to be a representation of my granddaughter. she loves fairies and has loved them since she was 3 months old.

♬ original sound – Khrissyjoe1

Current track

Title

Artist