Vrou kry R350 000 na onregmatige arrestasie

Deur on

‘n Durbanse vrou wat in 2011 by die King Shaka Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is en ‘n week lank in ‘n baie vuil sel aangehou is, sal R350 000 vir skadevergoeding ontvang.

Dit volg nadat sy verkeerdelik vir iemand anders aangesien is.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het appèl teen die uitspraak aangeteken wat hom aanvanklik beveel het om Cynthia Khedama R1-miljoen se skadevergoeding te betaal.

Khedama, wat as verkoopsbestuurder gewerk het, was op 3 Desember 2011 onderweg na Turkye toe sy deur die polisie voorgekeer is.

Daar is later vasgestel dat sy nie die persoon was wat die polisie gesoek het nie.


Current track

Title

Artist