Vrou in hegtenis geneem na kind byna ontvoer word

Deur on

4 Mei 2021

‘n 24-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat ‘n video aan die lig gekom het waarin sy, ‘n 3-jarige kleuter gryp en sonder die ma se toestemming uit ‘n winkel in Sasolburg in die Vrystaat probeer stap.

Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Motantsi Makhele sal die vrou na verwagting môre in die landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

LEES OOK: VIDEO: POLISIE STEL ONDERSOEK IN NADAT VROU BYKANS KIND ONTVOER

Maroela Media het vroeër berig die kleuter se was besig om vir inkopies te betaal toe die vreemde vrou hom opgetel en begin weg stap het. Toe die ma die vrou konfronteer het die vrou aan haar gesê dat sy met haar kind uit die winkel stap en toe begin lag.

Volgens Makhele het die voorval die agelope naweek gebeur.

Video: Maroela Media

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist