Voortslepende reën in Johannesburg lei tot grafte wat insink

Deur on

10 Januarie 2025

Die voortslepende reën in Johannesburg en omliggende gebiede lei daartoe dat grafte in verskeie Johannesburg-begraafplase insink, terwyl grafstene omval.

Die Parke- en Dieretuin-afdeling van die Johannesburg-metro het ‘n dringende beroep op mense gedoen om hulle naasbestaandes se grafte te besoek, en seker te maak dat die graf nié insink nie.

Volgens die woordvoerder, Jenny Moodley kan die reënval tot Maart voortduur. Sy sê dit is veral nuwe grafte wat geraak kan word omdat die grond nog nie saamgepak het nie.

Grafte in die Avalon Begraafplaas in Soweto, die Waterval Begraafplaas in Midrand, Olifantsvlei in die suidelike deel van die stad, en die Westpark Begraafplaas in Emmarentia word veral geraak.

Moodley sê die metro sal slegs grafte hervul met families se toestemming.


Current track

Title

Artist