Voormalige Tshwane-burgemeester oorlede

Deur on

23 April 2024

Die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro, Marunwa Makwarela is vanoggend oorlede.

Volgens bronne is hy na ‘n kort siekte oorlede. Makwarela was ‘n raadslid van Cope, en het as Speaker van die raad gedien voor hy as burgemeester verkies is met die steun van die EFF en die ANC.

Hy het egter kort na sy verkiesing bedank, nadat dit aan die lig gekom het dat hy bedrog gepleeg het met sy rehabilitasie sertifikaat, na hy insolvent verklaar is.

Makwarela het verlede week nog in die hof verskyn, toe hy gepoog het om die bedrogsaak teen hom van die rol te skrap. Sy poging was onsuksesvol.

Die huidige burgemeester in die Tshwane-metro, Cilliers Brink sê ondanks die verskille wat hulle gehad het is hy hartseer oor sy dood. Hy het sy medelye met Makwarela se betuig.


Current track

Title

Artist