Voormalige polisiebeampte gevonnis nadat hy student dwing om dagga te maak

Deur on

23 Februarie 2021

‘n Voormalige Vrystaatse polisiebeampte is tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy aandadig was daaraan om ‘n student in chemie aan die Universiteit van die Vrystaat te ontvoer en hom te dwing om dwelms te vervaardig.

Precious Mohasoa is saam met Paki Kompi en Moses Mohasoa skuldig bevind aan ontvoering en klagtes wat verband hou met dwelmhandel.

Dié drie is aangekeer nadat die student, wat se naam nie bekend gemaak is nie, ontsnap het en die saak by die polisie aangemeld het.

Die Valke het op die huis toegeslaan en die drie aangekeer. Dwelms is ook in ‘n kluis op die perseel gekry.

Die drie is elkeen 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir ontvoering en ‘n bykomende 12 maande vir die dwelmklagte. Die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist