7 Februarie 2024
Vodacom sê hy sal die Grontwethof nader in ‘n poging om ‘n beslissing van die hoogste hof van appèl – dat hy binne ‘n maand ‘n nuwe vergoedingsbedrag aan die uitvinder van die sogenaamde “Please call me”-diens moet voorleê – ter syde te stel.
Die appèlhof het beslis dat Vodacom die vergoeding – met 5% rente per jaar – tussen Maart 2001 en Februarie 2019 moet bereken en dit aan die uitvinder, Nkosana Makate, moet uitbetaal.
Makate het vantevore gesê hy verdien tussen R28-miljard en R110-miljard. Sy regspan eis steeds nagenoeg R20-miljard plus rente.
Volgens die land se grootste selfoon-netwerk-operateur is hy geskok en teleurgesteld met die hof se uitspraak en daarom sal hy die land se hoogste hof nader.
Die appèlhof het Dinsdag nie net Vodacom se aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n vorige uitspraak – deur die hooggeregshof in Pretoria – van die hand gewys nie, maar ook dele van dié uitspraak vervang, insluitend die tersydestelling van ‘n bepaling van ‘n uitbetaling van R47-miljoen.
Foto: SABC