Vlak 3: Drankbedryf verwelkom verligting van inperkingsregulasies

Deur on

26 Julie 2021

Suid-Afrikaners sal van vandag af weer byeenkomste mag bywoon, drank koop en na en van Gauteng reis vir plesier.

President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat die land na vlak 3 van die inperking sal beweeg, na ‘n afname in Covid-19-gevalle.

President Ramaphosa sê die jongste syfers wys die piek van die derde vlaag is nou besig om verby te gaan. Drankwinkels sal van Maandae tot Donderdae mag alkohol verkoop.

LEES OOK: VLAK 2 VAN DIE INPERKING WEER INGESTEL

Verskeie rolspelers in die drankbedryf het dié wysigings verwelkom.

Die Biervereniging van Suid Afrika (Basa) sê die moontlikheid om weer alkohol te kan verkoop bied ‘n reddingsboei aan duisende ondernemings wat vir die afgelope vier weke nie kon handel dryf nie.

Intussen sal die skole ook weer vandag onderrig hervat.

Die grootte van toegelate byeenkomste bly baie beperk op 50 mense binnenshuis en 100 mense buite.

LEES OOK: GAUTENGSE JAGTERS MAG NOU DIE PROVINSIE VERLAAT

Dié regulasie geld ook vir restaurante, gimnasiums en fiksheidsentrums.

Die DA het ook die aankondiging verwelkom, maar sê die president kon verder gaan en alle arbitrêre reëls oor die verkoop van alkohol en die aandklokreël ook verwyder het.

Die DA leier john Steenhuisen sê ook indien president Ramaphosa vertroue wou herbou, moes hy ontslae raak van onbevoegde kabinetslede soos Bheki Cele en Ayanda Dlodlo.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist