Video: Polisie stel ondersoek in nadat vrou bykans kind ontvoer

Deur on

4 Mei 2021

‘n Saak van mensehandel word deur die Sasolburgse polisie ondersoek ná ‘n onbekende vrou doodluiters sonder die ma se toestemming met ‘n kind uit ‘n winkel probeer stap het.

Maroela Media berig die ma was besig om vir inkopies te betaal toe die vreemde vrou die 3-jarige opgetel en begin weg stap het. Toe die ma die vrou konfronteer het die vrou aan haar gesê dat sy met haar kind uit die winkel stap en toe begin lag.

Die verdagte was saam met twee ander vroue in die winkel. Die voorval is by die winkelbestuur ook aangemeld.

Die Vrystaatse polisie het bevestig dat die voorval Vrydag gebeur het, maar dat niemand nog in verband met die saak aangekeer is nie.

Video: Maroela Media.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist