8 Januarie 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag het negentien vaste poste geskep om sake wat uit die Waarheids- en Versoeningskommissie spruit te ondersoek.
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het dié inligting in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die EFF bekend gemaak.
Sy sê dit is ‘n bewys dat die NVG ernstig is om sogenaamde apartheidsmisdade te ondersoek. Kubayi sê sestien aanklaers en 29 lede van die polisie se direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade is aangestel om die WVK-ondersoeke te lei. Daar is tans 126 van dié sake wat ondersoek word.
In Impak het die strafregkenner, dr. Llewellyn Curlewis onder meer aan Esté Gross gesê dat hy begrip daarvoor het dat misdaad met erns bejeën moet word, maar dat hierdie al te veel vir hom klink na ’n politieke plooi van die ANC en ander kaders om vir hulleself politieke gewin te bewerkstellig.
Luister hier na die onderhoud: