Verslag: Staatsondernemings sukkel steeds ondanks reddingsboeie

Deur on

14 Februarie 2024

Luidens die nasionale tesourie se jongste verslag oor staatsondernemings se geldsake vir die vorige kwartaal tot einde Desember, is al die staatsondernemings wat die laaste paar jaar reddingsboeie ontvang het, steeds onder finansiële druk.

Die departement van openbare ondernemings se voorleggings oor staatsondernemings aan die portefeuljekomitee oor die departement, skets egter ’n beter prentjie.

Volgens die waarnemende direkteur-generaal van openbare ondernemings, Jacky Molisane, is daar is verskeie positiewe planne by Eskom, Transnet, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Alexkor, Safcol en Denel om hulle bedrywighede te verbeter.

Die DA-lid van die staande komitee oor toedelings, Ashor Sarupen, sê egter die syfers kom duidelik neer op ’n strategie van reddingsboeie wat misluk het.

Sarupen sê staatsondernemings is in ’n doodspiraal weens wanbestuur oor die langtermyn en kaderontplooiing.


Current track

Title

Artist