Vermoorde Reeva se ma sal nié Oscar Pistorius se paroolaansoek teenstaan nie

Deur on

21 November 2023

Die ma van die vermoorde Reeva Steenkamp, June, sal nié die paroolverrigtinge van die paralimpiese atleet Oscar Pistorius bywoon nie.

Die paroolverhoor vind op Vrydag, 24 November by die Atteridgeville-gevangenis buite Pretoria plaas.

Steenkamp se regsverteenwoordiger Tania Koen het egter gesê dat June se slagoffer-impakverslag voorgelees sal word, en dat sy nie die paroolaansoek teenstaan nie.

Volgens Koen is June in rou gedompel nadat haar man, Barry (80) skielik op 14 September vanjaar in sy slaap oorlede is.

Pistorius moes hom in Augustus tot die grondwethof wend om uit te klaar dat hy inderdaad reeds sedert 21 Maart vanjaar vir parool in aanmerking gekom het. Hy is tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy Steenkamp op Valentynsdag 2013 in sy huis in Silver Lankes doodgeskiet het.


Lees verder

Current track

Title

Artist