Vermiste stapper se liggaam op Otter-staproete gevind

Deur on

10 Julie 2024

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het in ‘n verklaring bevestig dat ‘n stapper se liggaam gevind is op die Otter-staproete in die omgewing van Tsitsikamma in die Tuinroete Nasionale-park nadat hy deur sy stapgroep as vermis aangemeld is.

Volgens die SANParke-woordvoerder, JP Louw het die man vooruit geloop, en nooit by die oornaghut opgedaag nie.

Hy sê SANParke se veldwagters en die Nasionale Seereddingsinstituut het hulle soektog omstreeks 15:43 gistermiddag begin, maar teen gisteraand was daar nog geen teken van hom nie. Sy liggaam is vanoggend gevind nadat die soektog voortgeduur het.

Louw sê die Otter-staproete is steeds oop vir besoekers.

Foto: Hiking South Africa


Lees verder

Current track

Title

Artist