Vermiste man se liggaam in Vaaldam gevind

Deur on

23 Februarie 2021

Die 30-jarige, Pieter Wilders, wat sedert Saterdag vermis is toe hy op die Vaaldam gaan visvang het, se liggaam is vanoggend gevind.

Volgens vroeër berigte het Wilders Saterdagmiddag gaan visvang. Sy boot, selfoon en kospakkie is later dieselfde aand in die dam gevind. Die boot was onbeskadig.

Wilders is van Kempton Park en het glo by sy ouma in Oranjeville gaan kuier.

Die besonderhede rakende die voorval is nog vaag.


Lees verder

Current track

Title

Artist