Vermeende parlement-brandstigter se dringende borgtogaansoek môre aangehoor

Deur on

14 Januarie 2022

Die borgtogaansoek van die man, wat daarvan beskuldig word dat hy die parlement aan die brand gesteek het, Zandile Mafe sal môre op ‘n dringende grondslag aangehoor word. 

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila sê ‘n mosie vir ‘n dringende borgtogaansoek is by die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad ingedien. 

LEES OOK: PARLEMENT: VERDAGTE IN VALKENBERG VIR SIELKUNDIGE WAARNEMING

Hy sê Mafe sal môreoggend omstreeks 11:00 in die hof verskyn. Dit kom enkele dae nadat hy in die Valkenberg-psigiatriese hospitaal vir 30 dae opgeneem is vir sielkundige waarneming. 

Mafe is kort na die voorval met paranoïse skisofrenie gediagnoseer. Hy het gedreig om met ‘n eetstaking te gaan indien hy nie op borgtog vrygelaat word nie.

LEES OOK: PARLEMENT: VERDAGTE VOORLOPIG MET PARANOÏESE SKISOFRENIE GEDIAGNOSEER


Current track

Title

Artist