Verkiesingsdatum bekend

Deur on

20 Februarie 2024

Vanjaar se nasionale verkiesing sal op 29 Mei plaasvind.

President Cyril Ramaphosa het die aankondiging ‘n rukkie gelede gemaak.

Volgens ‘n verklaring van die presidensie het Ramaphosa ook reeds ‘n vergadering met die nege provinsiale premiers en die Onafhanklike Verkiesingskommissie gehou om hul gereedheid vir die verkiesing te bespreek.

Ramaphosa het ‘n beroep op alle stemgeregtigdes gedoen om hul kruisie te gaan trek op die 29ste Mei.

Hy het ook diegene wat nog nie geregistreer het om te kan stem nie, aangemoedig om aanlyn te registreer.

Die proklamasie om die verkiesingsdatum aan te kondig, sal binnekort gepubliseer word.


Current track

Title

Artist