Verkiesing: Honderde partye om uit te kus en keur

Deur on

15 Januarie 2024

Suid-Afrikaanse kiesers sal vanjaar ’n lang lys van partye hê om uit te kies in die algemene verkiesing.

Altesaam 30 nuwe politieke partye is tussen 18 September en 31 Desember verlede jaar by die OVK, geregistreer.

Volgens die OVK is daar nou 356 partye geregistreer vir die algemene verkiesing, met die registrasieperiode vir partye wat nog nie gesluit het nie.

Die nuut geregistreerde partye sluit oud-president Jacob Zuma se nuwe voorkeurparty, die uMkhonto weSizwe-party, asook die voormalige speaker van Johannesburg, Colleen Makhubele, se SA Rainbow Alliance in.

Dit is nog nie duidelik of al dié partye uiteindelik aan die verkiesing gaan deelneem nie aangesien die geskiedenis geleer het dat ‘n klompie partye gewoonlik kort voor die verkiesing onttrek.

Foto: Good Governance SA


Current track

Title

Artist