Beskerm Pretoria FM

Primedia wil Pretoria FM sluit

Die radio-reus Primedia (Highveld, 702, KFM & Cape Talk) het ‘n regsaksie begin om die uitsaaiowerheid te dwing om Pretoria FM se filliaalstasies te sluit.

PretoriaFM moet wys dat Afrikaanssprekendes die stasie ondersteun en die beste regspan bymekaar kry vir die regstryd. Daarvoor moet ons ‘n regsfonds saam bou.

Jy kan vandag vir Afrikaanse radio se uitsaairegte veg deur ʼn skenking aan Pretoria FM se regsfonds te maak!! Voltooi die onderste vorm en PretoriaFM sal jou kontak.

Voltooi die vorm

Ondersteun Pretoria FM se regsfonds

    Voltooi die onderstaande inligting en Pretoria FM sal jou kontak.

    Bydrae tot die regsfonds:

    JaEk wil graag maandeliks Pretoria FM se nuusbrief ontvang.

     

    In die 28 jarige bestaan van Pretoria FM, moes ons meermale veg vir ons uitsaairegte. Dit was nooit vanselfsprekend nie. Veral nie vir Pretoria FM nie.

     

    Dit is ook nie ‘n verrassing nie. Ons funksioneer in ‘n vyandige omgewing waarin daar min verdraagsaamheid vir die Afrikaner kultuurgemeenskap bestaan. Verder is dit ook die vir die owerhede van die dag, ‘n prioriteit om onafhanklike stemme sterk te laat word nie.

     

    So was dit vir die volle duur van Pretoria FM se bestaan sedert sy stigting. Ons moes stry vir ons reg om ‘n Afrikaanse stem vir die Afrikaner kultuurgemeenskap te wees.

     

    In dié opsig het Pretoria FM sekerlik rekords oortref. Ons weet van geen ander radio stasie wat 8 keer hof toe moes gaan om sy uitsaairegte te beskerm nie. Ja dis agt keer, waarvan twee keer in die Konstitusionele Hof, twee keer in die Appèlhof in Bloemfontein en vier keer in die Pretoria Hooggeregshof was. Die interessante was dat ons in die 8 keer in die hof, slegs 2 keer suksesvol was, maar die sukses op ‘n kritieke stadium voor die regte hof, het telkens die deurslag gegee.

     

    Eers in 2010 – 17 jaar na Pretoria FM se stigting is ons vir die eerste maal met ‘n 5 jaar gemeenskapsuitsaailisensie vir die Groter Pretoria gebied uitgereik. In 2015 – 22 jaar na ons stigting het ons vir die eerste keer lisensies vir ons filiaalstasies, Radio Wolkberg, Radio Kransberg, Radio Ysterberg, Radio Tafelkop, Radio Dagbreek, Radio Naboom en Radio Magaliesberg , ontvang en in Julie 2015 is hierdie radiodienste saamgesnoer onder die vaandel Pretoria FM.

     

    Pretoria FM se luisteraarstal groei konstant. Die stasie gaan van krag tot krag. Ons raak toenemend selfstandig en bly sterk gewortel in ons gemeenskap wat ons dra met maandelikse bydraes en betaalde advertensies. Terwyl die staatsbeheerde SABC agteruit gaan en mense moes aflê kon die gemeenskapsgedrewe Pretoria FM groei, want ons word aan die gang gehou deur die ysterwil van ons mense.

     

    Ons glo inderdaad dat gemeenskapskrag die deurslag kan gee wanneer die staat deur korrupsie en agteruitgang, verkrummel.

     

    Maar nou staan ons voor ‘n nuwe uitdaging: Ons reg om uit te saai na ons filiaalstasies word opnuut bedreig. Die kommersiële mediagroep Primedia het ons by die uitsaai-owerhede verkla. Primedia bedryf twee kommersiële stasies Highveld 947 en Radio 702 in Gauteng en die Kaapse stasies Cape Talk en KFM in die Weskaap.

     

    Hulle klagte by ICASA lui dat Pretoria FM die uitsaairegulasies oortree omdat omdat ons ons uitsendings ook na ons filiaalstasies uitsaai (selfs al doen ons dit reeds vir byna 30 jaar). Die beswaar is dat Pretoria FM in die proses onregverdig meeding met Primedia se multimiljoen rand kommersiële dienste soos Highveld en 702. Hulle vra dat ICASA Pretoria FM opdrag moet gee om ons uitsendings te staak. Kragtens die uitsaaiwette sou Pretoria FM met miljoene rande beboet kan word as Primedia sy sin kry.

     

    Die klagte van Primedia sal op 23 September 2021 deur ‘n spesiale klagtetribunaal van ICASA, onder voorsitterskap van ‘n afgetrede regter aangehoor word. Pretoria FM moet dus weereens – soos ons die afgelope 28 jaar gewoond geraak het – ons regte voor ‘n regter verdedig na ‘n klagte deur ‘n magtige kommersiële mediamaatskappy. Spreekwoordelik het Goliat weer vir Dawid uitgedaag en Dawid sal moet veg.

     

    Soos in die verlede, gaan ons nie oorgee nie. Ons sal veg vir ons regte op elke platform denkbaar, totdat ons wen. Ons gaan die beste regspan moontlik bymekaar kry en ons gaan ons reg om Afrikaanse radio vir Afrikaner-mense aan die gang te hou en sterker te maak. Maar daarvoor het ons ondersteuning nodig. Ons moet ‘n regsfonds bou wat ons in staat stel om by die kommersiële reuse soos Primedia kers vas te hou. Ons kan dit doen met die ondersteuning van elke persoon wat glo dat daar ‘n plek is vir Afrikaanse radio en dat Afrikanermense wel ‘n bestaansreg in Suid-Afrika het.

     

    Ondersteun ons hiermee. Voltooi die vorm of stuur ‘n sms met die woord “REG” na 47887 en ons sal jou kontak om jou ondersteuning te kry vir hierdie groot en bepalende regstryd.

    Dekkingskaart

    Wat ons kliënte sê

    Current track

    Title

    Artist