Vanaand is Mapisa-Nqakula se laaste staatsrede as speaker

Deur on

8 Februarie 2024

Die parlement se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê vanaand se staatsrede sal haar laaste sessie in die Nasionale Vergadering wees.

Sy is al sedert 1999 ‘n parlementslid, was ook al ‘n minister en is sedert 2021 die speaker van die nasionale vergadering. Sy het ook die nuwe reëls, wat ontwrigting sal voorkom verwelkom.

Volgens Mapisa-Nqakula is die reëls deur ‘n subkomitee saamgestel, en deur alle partye goedgekeur. Sy sê daar was gedurende verskeie staatsredes chaos en ontwrigting, maar die gebeure van verlede jaar het die hersiening van die reëls in mosie gesit.

Parlementslede en hulle gades sal om 16:00 vanmiddag begin om by die parlement op te daag, waarna Ramaphosa na verwagting om 19:00 sal begin praat.

Foto: Business Live


Current track

Title

Artist