5 September 2024
Die Universiteit Stellenbosch het sy nuwe rektor en visekanselier aangewys.
Prof. Deresh Ramjugernath sal die leisels by prof Wim de Villiers, oorneem wat twee termyne in die pos gedien het.
Ramjugernath is in 2021 by die US as die viserektor van onderrig en leer aangestel. Hy het in ‘n verklaring gesê hy voel geëerd dat die geleentheid oor sy pad gekom het.
“Ek is baie dankbaar dat die Raad van die US hulle vertroue in my visie stel om die instelling na die volgende vlak as ‘n navorsingsintensiewe universiteit van wêreldgehalte te neem wat in diens van die samelewing staan,” het Ramjugernath oor sy aanstelling gesê.
Hy sal die amp op 1 April 2025 opneem.