Universiteit sluit al sy kampusse weens stormloop van studente

Deur on

7 April 2021

Die Durbanse Universiteit van Tegnologie het al vyf sy kampusse in Durban gesluit ná ‘n stormloop van studente op dié kampus plaasgevind het.

Studente wat gesukkel het om vir eerstejaarstudie te registreer is deur ‘n fopnuusberig op die sosiale media aangemoedig om op kampus aan te meld. Baie min van hulle het die protokol vir die voorkoming van die verspreiding van Covid-19 toegepas.

Dit het vrese by die universiteitsbestuur laat posvat dat dié optrede  ‘n super-verspreidings byeenkoms tot gevolg kan hê.

Hoewel die oorsprong van die fopnuus nog nie bekend is nie, het lede van die verteenwoordigende studenteraad ook meegedoen aan die verspreiding daarvan.

Dit is nie bekend wanneer die kampusse weer oopgestel gaan word nie.

Intussen blyk dit ook uit inskrywing op sosiale media of van die studente in hegtenis geneem is.


Current track

Title

Artist