Uitvoerende hoof van Media24 tree af

Deur on

5 September 2024

Die uitvoerende hoof van Media24, Ishmet Davidson sal Maandag, 9 September uittree uit dié pos en ook as direkteur van die mediamaatskappy.

Volgens ‘n verklaring tree die 59-jarige Davidson af. Media24 se aftreeouderdom is 60 jaar. Die voorsitter van die Media24-direksie, prof. Rachel Jafta sê die proses om ‘n nuwe hoof aan te stel begin onmiddellik, omdat die voorgestelde herstrukturering van die maatskappy moet voortduur.

Die herstrukturering behels die staking van die gedrukte weergawes van BeeldRapportCity Press en Daily Sun.

Die finansiële hoof van die maatskappy, Raj Lalbahadur sal as uitvoerende hoof waarneem, terwyl Davidson tot Desember 2025 sal waarneem.


Current track

Title

Artist