Uitspraak gelewer in Life Esidimeni-sage

Deur on

10 Julie 2024

Die Pretoriase hooggeregshof het vanmiddag uitspraak gelewer en bevind dat die dood van nege Life Esidimeni-pasiënte, deur nalatige optrede veroorsaak is.

Die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu en die hoof van die direktoraat vir geestesgesondheid, Makgabo Manamela, was verantwoordelik vir die sterftes.

Dit volg na maande se getuienis om te bepaal of iemand strafregtelik aanspreeklik gehou moet word vir die 2016-tragedie waar ‘n totaal van 144 geestesgesondheidspasiënte tydens ‘n projek wat misluk, gesterf het.

Regter Mmonoa Teffo het gesê die twee het waarskuwings rakende die beëindiging van die Life Esidimeni-kontrak geïgnoreer.


Current track

Title

Artist