Twee verdagtes in hof ná Phala Phala-diefstal

Deur on

7 November 2023

Twee verdagtes het vanoggend vlugtig in die landdroshof op Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo verskyn in verband met die diefstal van buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas in 2020.

Die verdagtes, Imanuwela David (39) en Froliana Joseph (30) is gister en Sondag deur die Valke in onderskeidelik Bela-Bela en Rustenburg vasgetrek.

In die klagstaat word aangevoer dat Josef – wat ‘n skoonmaker op die plaas was – na bewering stapels kontant ontdek het wat in meubels versteek was. Daar word ook aangevoer dat David – wat bande met Namibië het – ná die diefstal voor die voet geld bestee het op weelde-artikels.

Joseph was ’n tydelike werknemer op Phala Phala ten tyde van die voorval.

$580 000 in kontant is vanuit die rusbank op die president se plaas gesteel. Die kontant is glo deur die Dubaise sakeman, Hazim Mustafa betaal vir 20 buffels wat hy nooit ontvang het nie.


Current track

Title

Artist