Twee liggame in hysbakskag gevind in Pretoriase middestad

Deur on

14 Mei 2024

Twee ontbinde liggame is in die kelder van ‘n gebou in die Pretoriase middestad gevind terwyl nooddienste besig was om ‘n beseerde man in dieselfde gebou te red.

Die woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, Charles Mabaso sê nooddienste is omstreeks 04:30 vanoggend na die gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstrate ontbied nadat ‘n man deur ‘n hysbakskag geval het en in die kelder te lande gekom het.

Hy sê ‘n gat moes deur ‘n muur gesny word om by die pasiënt te kom. Hy is na ‘n nabye hospitaal geneem.

Volgens Mabaso het nooddienswerkers op die liggame van twee persone afgekom waar dit in water gedryf het in ‘n hysbakskag.


Current track

Title

Artist