Tshwane-metro stadsbestuurder sê hulle is nie op ‘n heksejag nie

Deur on

22 April 2024

Die stadsbestuurder van die Tshwane metro, Johann Mettler het ontken dat die administrasie op ‘n heksejag is om ontslae te raak van senior amptenare en bestuurders.

Mettler sê waar personeel onwettig optree, sal daar stappe teen hulle geneem word, maar sê daar is nie ‘n swartlys met name van persone waarvan die administrasie ontslae wil raak nie.

Dit volg na vyf senior amptenare verlede week voorlopig geskors is, vir hulle rol in die toestaan van die tender aan Blackhead Consulting, vir die instandhouding en opgradering van die Rooiwal watersuiweringsaanleg.

Hy sê die metro sal nie onreelmatige uitgawes deur amptenare duld nie, en tugstappe sal wel teen diegene ingestel word wat hulle daaraan skuldig maak.


Current track

Title

Artist