Tshwane-metro begin met plan om die besetting van vervalle geboue teen te werk

Deur on

26 Januarie 2024

Die Tshwane metroraad het ‘n program goedgekeur wat dit ten doel het om die besetting van vervalle geboue teen te werk.

Volgens die raad sal die program – wat bekend staan as die volhoubare beter-geboue-program (TSBBP) – bekostigbare behuising verskaf aan inwoners en studente.

Volgens die burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, Kingsley Wakelin, het die raad lesse geleer by ander stadsrade wat ook sukkel met die onwettige besetting van geboue.

Die kalklig is weer op die kwessie geplaas nadat ‘n besette gebou in Marshalltown in die Johannesburgse middestad in ‘n brand verwoes is, en wat tot meer as 70 mense se dood gelei het.

Hy sê die raad sal met onbetrokke gebou-eienaars in gesprek tree en in gevalle waar die eienaars nie wil meewerk om die geboue van onwettige besetters te bevry nie, sal hy die howe nader – en selfs die eiendomme onteien.


Current track

Title

Artist