Transnet deur kuberkrakers geteiken

Deur on

22 Julie 2021

Die land se logistieke en hawe-operateur, Transnet moes al sy rekenaarstelsels by die land se hawens afskakel nadat kuberkrakers toegang tot die stelsel verkry het.

Dit wil voorkom asof sy IT-stelsel, webtuistes en die NAVIS vraghouer-beheerstelsel hierdeur geraak word.

Vervoermaatskappye het hulle kommer uitgespreek omdat hulle vragmotors nie die hawe met vraghouers by die Durbanse hawe kon verlaat nie waarna Transnet met die sak patats vorendag gekom het.

Die omvang van die probleem is nog nie bekend nie en ook nie watter hawens hierdeur geraak word nie.

Daar word berig dat sekere treine se vraghouers met behulp van ‘n handgeskrewe-stelsel gelaai kan word maar dit wil voorkom asof inkomende vraghouers nie met die outomatiese stelsel verwerk kan word nie – en gevolglik kan vragmotors nie gelaai word nie.

Die jongste krisis volg terwyl – veral die Durbanse en Richardsbaaise  – hawens steeds probeer om die agterstand weg te werk wat veroorsaak is toe die hawens hulle bedrywighede moes staak te midde van die afgelope twee weke se opstande.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist