Toerismebedryf herstel na die Covid-pandemie

Deur on

1 Februarie 2024

Die minister van toerisme, Patricia de Lille sê dié bedryf tel sy kop op nadat hy platgeslaan is deur die inperkingsregulasies tydens die Covid 19-pandemie.

Haar kommentaar kom nadat Statistiek Suid-Afrika (SSA) die reisigersyfers vir Desember verlede jaar bekend gemaak het.

Nagenoeg 3,5-miljoen reisigers is in dié maand deur Suid-Afrikaanse grensposte. Volgens die SSA was daar ook ‘n toename in die hoeveelheid internasionale toeriste wat tussen Januarie en Desember 2023 die land besoek het.

In 2023 het 8,5-miljoen toeriste Suid-Afrika besoek. Dit is 48,9% toename in vergelyking met 2022 se aantal besoeke. In dieselfde tydperk het 6,4-miljoen mense van Afrika Suid-Afrika besoek, ‘n toename van 75,6%.

Dit is volgens die SSA veral toeriste van Kenia en Zimbabwe wat verlede jaar die land besoek het.

Van die SSA se noemenswaardige data oor internasionale toeriste se besoeke word hieronder uiteengesit. Dit is vir die tydperk van Januarie tot Desember 2023, en word vergelyk met dieselfde tydperk in 2022.

  • Toeriste van noord- en Suid-Amerika – 455 901. Toename van 39,8%.
  • Europese toeriste – 1,2-miljoen. Toename van 38,2%.
  • Die Verenigde Koninkryk – 356 160. ‘n 25,8% toename.
  • 41,6% meer Duitsers besoek SA.
  • Rusland ‘n toename van 74,4%.
  • Chinese toeriste – 37 164. Toename van 204,9%.
  • Die Verenigde Arabiese Emirate – 6 511. ‘n Toename van 110%.

Volgens De Lille is dit ‘n bewyse van die toerismesektor se groei, asook die departement se vermoë om die bedryf te laat groei.


Current track

Title

Artist