TikTok-gebruik onder jongmense: ‘n Rede tot kommer vir Amerikaners

Deur on

21 April 2024

Deur: Melissa Nell

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het gister ‘n wetsontwerp goedgekeur wat die sosialemedia-toep, TikTok sal dwing om van die Chinese maatskappy, ByteDance te onttrek.

Amerikaanse- en ander Westerse amptenare het alarm gemaak oor die gewildheid van TikTok onder jongmense. 

Hulle beweer dat dit Beijing toelaat om op gebruikers te spioeneer. Hierdie kritici sê ook dat TikTok diensbaar is aan Beijing en ‘n kanaal is om propaganda te versprei. China en die maatskappy ontken hierdie bewerings.

Die wetsontwerp, om ‘n maatskappy te verbied om in die Amerikaanse mark te werk, gaan volgende week na die Senaat vir ‘n stemming. President Joe Biden sê hy sal die wetgewing onderteken. 

Hy het vroeër vandeesmaand sy kommer oor TikTok herhaal in ‘n telefoongesprek met die Chinese president, Xi Jinping.


Current track

Title

Artist