Tienermeisie in hof weens moord op 16-jarige

Deur on

14 September 2021

‘n 14-jarige meisie sal na verwagting vandag in die Alexandra landdroshof verskyn nadat sy na bewering ‘n 16-jarige seun doodgesteek het. 

Die graad 7-leerling van die Pholosho Sekondêre skool staar aanklagte van moord in die gesig nadat sy glo verlede Donderdag (9 September) tydens ‘n stryery die tienerseun in Alexandra met ‘n mes gesteek het. 

Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Mavela Masondo sê die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek. Die meisie is op dieselfde aand in hegtenis geneem. 

‘n Anonieme bron het aan News24 gesê dat die twee tieners na bewering in ‘n verhouding was.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier


Current track

Title

Artist