Tienduisende skooldogters in een jaar swanger

Deur on

6 Desember 2023

88 122 skoolmeisies tussen die ouderdom van 15- en 19 jaar oud het in die afgelope boekjaar in Suid-Afrika swanger geraak. 

Die syfer is gister deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak.

Luidens ‘n verslag van die departement bly swangerskappe en geboortes tydens puberteit  ’n wydverspreide bekommernis met negatiewe gesondheids-, maatskaplike en ekonomiese gevolge vir die jong moeders en hul kinders.

Die meeste swangerskappe is in KwaZulu-Natal (25 239), die Oos-Kaap (12 529) en Limpopo (12 238) aangeteken. Gauteng is ‘n kort koppie agter met 11 653 swangerskappe.

Die parlement se veelparty-vrouekoukus het ’n beroep op mans en onderwysers gedoen om nie seksuele verhoudings met kinders te hê nie, en sê dat hulle “aan die kaak gestel moet word weens hul roofsugtige neigings.”

Die voorsitter van die koukus, Kate Bilankulu meen die kinders word “seksueel geskend en in sommige gevalle selfs deur manlike onderwysers.”

In die vorige boekjaar, 2022/2023 het 2 328 meisies tussen 10- en 14 jaar oud geboorte geskenk in gesondheidsfasiliteite.


Current track

Title

Artist