Tien mense dood in Vanrhynspas-busongeluk

Deur on

3 September 2024

Die polisiewoordvoerder, Joseph Swartbooi sê die dodetal in gisteraand se busongeluk in die Vanrhynspas – op die grens tussen die Wes- en die Noord-Kaap – het tot tien gestyg.

Swartbooi sê ‘n klag van strafbare manslag word ondersoek nadat dié bus – wat 42 seisoenale werkers vervoer het – onderweg van Keimoes  na Ceres van die pad geloop het.

Hy sê 29 mense is met beserings in die hospitaal opgeneem. Die woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), Simon Zwane sê voorlopige inligting dui daarop dat die bus eers teen die berghang gebots, en het toe by ’n afgrond afgerol.

Die Wes-Kaapse woordvoerder vir die departement van mobiliteit, Muneera Allie sê die pad is intussen vir verkeer oopgestel, al is ondersoekbeamptes nog op die toneel.

Foto: Twitter


Lees verder

Current track

Title

Artist