Telkom in die proses om sy torings te verkoop

Deur on

21 November 2023

Suid-Afrika se derde grootste selfoonoperateur, Telkom het begin met onderhandelinge om sy toringonderneming, Swiftnet te verkoop.

Volgens berigte is planne om dié maatskappy te verkoop reeds ‘n geruime tyd in die pyplyn. Swiftnet besit nagenoeg 6 200 kommunikasietorings in Suid-Afrika.

Telkom het vroeër vandag op Sens aangekondig dat hy in eksklusiewe onderhandelinge met ’n voorkeurbieër is. Die voorkeurbieër is ’n konsortium van beleggers.

Telkom het vroeër gesê dat sy Swiftnet-maatskappy ‘n groei van 0,9% getoon het tot R1,3-miljard, nadat 66 bykomende torings gebou is.

Telkom sê indien Swiftnet verkoop word kan dit ’n wesenlike uitwerking op die prys van die maatskappy se sekuriteite hê.


Current track

Title

Artist