Swemmer kry nóg ‘n rekord by Olimpiese Spele

Deur on

28 Julie 2021

Die Suid-Afrikaanse swemmer, Tatjana Schoenmaker het haar tweede olimpiese rekord by vanjaar se byeenkoms in Tokio, Japan opgestel toe sy die 200-meter borsslag vir vrouens in 2:19.15 afgelê het.

Schoenmaker – wat die silwermedalje in die 100-meter borsslag-item verower het – was byna drie sekondes vinniger as die Amerikaner, Lilly King.

LEES OOK: SUID-AFRIKA KRY SY TWEEDE MEDALJE

Die Rus, Evgenila Chikunova het derde aan die kant geraak.

Schoenmaker het ook die olimpiese rekord in die eerste uitdun van die 100-meter-item verbeter maar het stadiger geswem in die halfeindrondte en die eindstryd.

Suid-Afrika het tot dusver twee medaljes – albei silwer.

Tatjana Schoenmaker. Foto: South African Sports Images |Anton Geyser

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist