Swart Vrydag-naweek: Verkope in winkels daal met 21%

Deur on

1 Desember 2023

Verkope in winkels oor die afgelope Swart Vrydag-naweek het met sowat 21% tot R3,1 miljard gedaal teenoor verlede jaar.

BankServ Africa, wat die betalings van banke se krediet- en debietkaarte verwerk, het in ‘n verslag gesê die getal transaksies is ook 6% laer, met 5,9-miljoen transaksies in winkels. Verlede jaar was daar 6,3-miljoen transaksies

Volgens die maatskappy is die inligting ‘n duidelike aanduiding dat verbruikers beslis onder finansiële druk is gegewe die hoë rentekoers, skerp stygings in kospryse en ander lewenskoste.

Aanlyn verkope het egter met 39% tot R1,39 miljard gestyg, van R1 miljard af, en die getal transaksies het met 39% tot 1,4 miljoen toegeneem.

Volgens ‘n berig deur ITWeb het mense reeds om middernag op 24 November begin om aanlyn inkopies te doen, met 30 770 transaksies in die eerste uur. Tussen 10:00 en 11:00 is 93 814 transaksies gedoen.

BankServ Africa sê die hoogste transaksiewaarde vir ‘n enkele kaarthouer, het R113 000 beloop. Dit was by ‘n luukse juweliersware-boetiek. ‘n Ander individuele persoon het 644 aankope op Swart Vrydag gedoen. Verlede jaar was die meeste hoeveelheid transaksies vir een persoon, 827 transaksies.


Lees verder

Current track

Title

Artist