Swart Vrydag: Een koper bestee R1,7-miljoen

Deur on

29 November 2024

‘n Enkele koper het reeds vroeg in die week, in aanloop tot Swart Vrydag, R1,7-miljoen bestee aan 21 transaksies deur van die aanlyn-betaaldiens, Ozow gebruik te maak.

Ozow het vroeër vandeesweek begin om mense se koopgewoontes in die week voor, en op swart Vrydag dop te hou. Teen 11:00 vanoggend het een koper, R340 000 bestee op ‘n enkele aankopie.

Volgens Ozow het nog ‘n persoon R826 000 aan 12 onderskeie transaksies bestee. Volgens die diens het een persoon 104 transaksies aangegaan.

Die mede-stigter van Ozow, Thomas Pays sê die reuse bedrae is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaners al hoe meer die aanlyn-koopwêreld vertrou, asook aanlyn betaaldienste.

Intussen het Discovery Bank gesê dat een persoon R400 200 aan een transaksie bestee het. Van die gewildste winkels wat besoek word is volgens Discovery Bank Pick N Pay, die Pro Shop, Checkers, en Exclusive Books.

Wat aanlyn-platforms betref, is Shein, Takealot, Temu, Amazon Superbalist, Makro, Checkers Sixty60, Woolworths Dash en Hirch’s gewild.


Current track

Title

Artist