fbpx

Swart klante, maar min swart werknemers

Deur on Jun 21, 2019

Nuuskommentaar: 21 Junie

’n Storm het om die kop van ’n bekende sportskoenvervaardiger, Adidas, se kop losgebars. Dit blyk dat dié Amerikaanse reus groot moeite doen en baie koste aangaan om hul produk onder swart mense te bemark, maar baie min swart mense in diens neem. Volgens ’n opname by Adidas se hoofkantoor in Portland, Oregon is minder as 4,5% van die 1 700 werknemers swart, en hulle beleef  marginalisasie en rassediskriminasie in die werkplek.

In sy veldtog om sy produkte onder swart mense te bemark, is twee bekende swart mense, Kanye West en Beyonce, as ambassadeurs aangestel. Om die waarheid te sê, Adidas spits hom in sy bemarking veral op swart mense toe.

In 2018 het die president van Adidas in Noord-Amerika, Zion Armstrong, tydens ’n vergadering toegegee dat die maatskappy ’n diversiteitsprobleem het. Volgens hom probeer die maatskappy hard om diversiteit op alle vlakke te bereik, en gebruik onder meer opleidingskursusse.

Maar is die klagtes werklik geldig en billik. Portland se bevolking is 77 persent wit. Hoewel net drie van die maatskappy se 340 vise-presidente swart was – waarvan een intussen die maatskappy verlaat het, is 55 persent van die algehele werksmag mense van kleur.  Die maatskappy werk hard daaraan om diversiteit op alle vlakke meer verteenwoordigend te maak, hoewel van die swart werknemers kla dat daar in die praktyk geen vordering is nie.

Die maatskappy self prys die voordele van groter diversiteit op alle vlakke, en meen so kan mense meer van verskillende kulture te wete kom.   

Die maatskappy stel hom dit ook ten doel om mense van diverse herkoms in die maatskappy se korporatiewe hoofkantoor te plaas. Die maatskappy sal so baat vind by almal se gevoel dat hulle ’n bydrae kan lewer.

Daar is egter nog baie te doen voor die diversiteitsprogram ten volle geïmplementeer is.

Met die pas afgelope staatsrede is gereeld na ongelykheid verwys wat aangespreek moet word. In beginsel kan nie veel fout hiermee gevind word nie, maar die probleem kom in by erg rassediskriminerende metodes om iets ryp te druk. Dit plaas weer druk op werkgewers om hul groeipotensiaal te bereik wanneer die kunsmatige proses mense in senior poste begin plaas ter wille van getalle, maar hulle kan nie die mas opkom nie. Uiteindelik verloor almal.

Die probleem van oorgeërfde armoede of agterstande is baie kompleks. Dit gaan oor meer as net die gebrek aan opleidingsgeleenthede weens die ouers se armoede. Nie almal wat deur die Anglo-Boere-oorlog verarm gelaat is, kon soos ander in dieselfde bootjie hulself uit die siklus opgewerk kry nie. Gesinsgroottes dra onder meer by daartoe dat opwerk uit agterstande vir sommiges makliker is as vir ander.

Deur ’n suiwer getallespel te speel, word daar maklik net soveel skade as goed in gemeenskappe aangerig, maar die werkgewer se kwota-boek lyk goed.

’n Probleem word nie opgelos deur dit met ’n ander probleem te vervang nie.

Regstelling kan nie maar net op teregstelling neerkom nie.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist