17 November 2023
Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA sê ondanks die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se pogings om meer belastigbetalings in te vorder, is mense steeds ontevrede omdat dit voorkom asof ‘n groot deel van belasting gebruik word om korrupsie te pleeg.
OUTA het ‘n studie gedoen nadat hulle onderhoude gevoer het met besigheidseienaars wat wel belasting betaal. Die organisasie meen die SAID het nog ‘n ver pad om te loop voordat hulle belastingbetalers se vertroue kan wen.
Talle sosiale media-gebruikers het op OUTA se sosiale media-platforms gesê dat die regering die belastinggeld misbruik. Ander meen hulle vertrou die inkomstediens, maar nie diegene wat die geld moet gebruik vir noodsaaklike dienste nie.
OUTA sê daar is ook met die uitvoering gevra dat politici onderhewig moet word aan leefstyloudits, en dat die mense met ‘n baie hoë inkomste meer belasting moet betaal.
Volgens die organisasie sal mense se vertroue in die inkomstediens nie gou verbeter nie.