27 Oktober 2023
‘n Ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê Suid-Afrika se belastingstelsel is besig om sy ekonomie te verlam.
Sy opmerking volg op ‘n pas-vrygestelde verslag van dié instituut, wat opgestel om die rol van belasting op toegevoegde waarde, BTW, in Suid-Afrika se ekonomie uit te lig.
Du Buisson sê terwyl Suid-Afrika se BTW-koers van 15% betreklik vergelykbaar is met dié van verskeie ander lande, bied daardie lande gewoonlik beweegruimte aan belastingbetalers met laer persoonlike of korporatiewe inkomstebelasting.
Hy sê die Suid-Afrikaanse staat eis hoë belasting op alle fronte – en dat dit baie gevra is van ‘n bevolking wat reeds belastingvoos is.
Hy sê in Suid-Afrika is die lys van items wat van belasting vrygestel word ook opmerklik kort. Medisyne word met BTW belas, asook chroniese medikasie wat ʼn lewensonderhoudende noodsaaklikheid vir pasiënte is.
“Aangesien BTW nie soos in die geval van ander belastings volgens ʼn glyskaal bereken kan word nie, geld die 15% vir almal, van ryk tot arm, sê Du Buisson.