Suid-Afrikaners in die buiteland sukkel steeds om te registreer vir 2024-verkiesing

Deur on

5 Desember 2023

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, sukkel steeds om te registreer om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem, ná vertragings in die bekendstelling van ’n aanlyn registrasieportaal deur die OVK.

Burokratiese vertragings met die bekragtiging van ‘n hofbeslissing wat Suid-Afrikaners met dubbele burgerskap raak dra ook by tot die probleem.

Operation Watershed, ’n organisasie wat Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon bystaan, pols die OVK vir antwoorde – maar tans nog sonder sukses.

Die organisasie se Hayley Reichert sê die Grondwethof se gesloer met die bekragtiging van ‘n hooggeregshofuitspraak dat Suid-Afrikaners met dubbele burgerskap nie vanselfsprekend hul burgerskap verloor nie, veroorsaak hoofbrekens.


Lees verder

Current track

Title

Artist