Suid-Afrikaanse diplomate uit Israel onttrek

Deur on

6 November 2023

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, sê Suid-Afrika het besluit om al sy diplomate in Tel Aviv te herroep.

Ntshaveni sê daar is besluit om met die diplomate te beraadslaag weens Israel se optrede teen die Palestyne.

Sy sê die herroeping van die diplomate stuur ‘n duidelike boodskap aan Israel van die regering se afkeur oor wat tans in die Midde-Ooste aan die gang is.

Ntshaveni het na afloop van ‘n kabinetsvergadering met die media gepraat en sê die kabinet is teleurgesteld oor Israel se weiering om ag te slaan op internasionale reg.

Volgens haar is 9 500 mense tot dusver in die Gasastrook oorlede, en word noordvoertuie, skoolgeboue en landsburgers steeds voortdurend aangeval. “Die wêreld kan nie nog ‘n holocaust bekostig nie.”


Current track

Title

Artist