6 Junie 2024
Suid-Afrika het weer die sesde plek gehaal in Big 7 Travel se lys van die 20 beste lande om te besoek vir jou wittebrood.
Big 7 Travel is ‘n gewilde aanlyn profiel waarop inligting en beeldmateriaal van toeristebestemmings geplaas word.
Van die meer gewilde toeristebestemmings is gewoonlik eilande, met wit strande en vyf-ster restaurant. Wat Suid-Afrika volgens die lys egter uniek maak is die groot verskeidenheid van landskappe wat besoek kan word.
Nie net het suid-Afrika strande nie, maar is daar ook die Karoo, talle berge om te klim en woude. Big 7 Travel sê hy het die hoeveelheid vyf-ster hotelle, toeriste-aktiwiteite, die gemiddelde prys van wyn, maaltye en wittebrood-pakkette in ag geneem toe die lys saamgestel is.
Hier is die top 10 lys van die beste wittebroodbestemmings:
- Koh Chang, Thailand
- Patagonië, Chili
- Rajasthan, Indië
- Zanzibar
- Sri Lanka
- Suid-Afrika
- Kenia
- Pangkor-eiland, Maleisië
- Sumba, Indonesië
- Curaçao
Foto: SA Venues.com