Stilte op sosiale media: TikTok en Universal knor vir mekaar

Deur on

2 Februarie 2024

Verskeie videos op die sosiale media-platform, TikTok se klanke is sedert gister uitgedoof nadat die platemaatskappy, Universal Music Group aangekondig het dat hy nié sy kontrak met die platform gaan hernu nie.

Die kontrak tussen die twee maatskappye moes vandag hernu word.

Dit beteken dat alle videos, met musiek deur Universal-kunstenaars nou geen klank het nie. Dit sluit kunstenaars soos Taylor Swift, Drake, U2 en Ariana Grande in. In ‘n openbare brief voer Universal aan dat hy nie tevrede is met die betaling wat kunstenaars vir die gebruik van hulle musiek op TikTok ontvang nie.

Luidens die brief word die musiek ook al hoe meer deur middel van kunsmatige intelligensie versprei, wat geen betaling beteken nie. Die platemaatskappy voer aan dat sy kunstenaars se belange altyd eerste gestel sal word.

Op eie bodem bestuur Universal Musiek kunstenaars soos Fatman, Caroline Grace, Bernice West en Leah.

Van Pretoria FM se eie videos, soos die een waarin die 7-jarige, Klein Kwagga saam met Bernice West op haar Lyfie-treffer dans, het ook nou geen klank.

Lees die brief hier.


Current track

Title

Artist