Staalaanlegte van ArcelorMittal SA nie dadelik gesluit nie

Deur on

8 Februarie 2024

Die land se grootste staalvervaardiger, ArcelorMittal SA, het ingestem om die sluiting van sy lang-staal-besigheid – insluitend sy Newcastle- en Vereeniging-aanleg – vir ses maande uit te stel, terwyl hy wag om die beloofde verbeterings in spoor- en haweprestasie te sien.

Die maatskappy is die enigste vervaardiger van baie sleutelstaalprodukte wat regoor Suid-Afrika in die vervaardigingsbedryf gebruik word.

Afgesien van die drie-duisend-vyf-honderd werknemers wat hul werk by die aanlegte kan verloor, sal die sluiting tienduisende poste in verskeie  ondersteuningsbedrywe in gevaar stel.

Na gesprekke met Transnet en sy kliënte, het ArcelorMittal vanoggend gesê hy sal op die korttermyn Transnet se prestasie dophou terwyl hy op die langtermyn sy sleutelkliënte se koopvolume in ag sal neem voordat hy ‘n finale besluit gaan neem.

FOTO: Moneyweb


Current track

Title

Artist